Oros in 'n lang glas
Gig Seeker Pro

Oros in 'n lang glas

Bloemfontein, Free State, South Africa

Bloemfontein, Free State, South Africa
Band Folk

Calendar

This band has not uploaded any videos
This band has not uploaded any videos

Music

Press


"Oros in ’n Lang Glas klink uniek, ‘maar kommersieel’"

Die frase “Oros in ’n Lang Glas” is lankal nie meer ’n vreemde ding om in Bloemfontein te sê nie.

Trouens: Dié talentvolle musiekgroep is goed bekend in die Rosestad.

Bestaande uit Shandor Potgieter (stem en kitaar), Alta Grobbelaar (viool en agtergrondsang), Hanno Vermeulen (kitaar en agtergrondsang), Stephan Kuhn (baskitaar) en Wynand Britz (tromspeler), het die groep ’n hele paar optredes agter hul naam en boonop ’n kortspeler uit.

“Ek dink ons het wegbeweeg van die neiging, wat baie nuwe groepe het, om soos ’n ander groep te probeer klink. Ons is nie kommersieel nie, tog ís ons ook,” sê Shandor.

“Ons kan op ’n musiekfees soos Peter Fest optree, maar ook op ’n Sondagaand by ’n plek soos Get Together in Bloemfontein. Ons musiek is baie uiteenlopend, wat tot ons voordeel is.”

’n Deel van hierdie diversiteit sluit in ’n alternatiewe weergawe van Lady Gaga se Pokerface, wat die gehoor by die onlangse Peter Fest in Bloemfontein kon hoor.

Hanno vertel dat aanhangers iets van alles op die nuwe kortspeler kan verwag.

Oros in ’n Lang Glas pak nou ook die toerpad aan met hul kortspeler se bekendstelling.

Vrydag tree die groep by Rebel Rock in Pretoria op, Saterdag by Shivas Rock en Sondag is hulle om 15:00 by Café Society in Bloemfontein.

Hulle sal ook optree by die Volksblad-kunstefees se oop verhoog voor die hoofgebou op 7 Julie, 9 Julie en 8 Julie.


- Beeld


"Talentvolle Kovsies toon hul staal"

ané groenewald en leandri pretorius
Kovsie-Talent het weer verlede week hoogty gevier op die kampus.

Die jaarlikse kultuurweek het Vrydagaand in die Albert Wessels-ouditorium (AWO) op ’n hoogtepunt geëindig toe Herman Naudé Duimfoto) aangewys is as vanjaar se Kovsie-idol.

Ná twee dae van oudisies en optredes het ’n handjievol deelnemers deurgedring tot die eindronde om te wys waartoe hulle in staat is.

In al die kategorieë waarin studente kon deelneem, is uiteindelik drie wenners aangewys en groot kontantpryse gewen.

Die uiteindelike wenners in elke kategorie was: Afrikaanse gedigte: Anja Lademan met Rooi Gelaat; Engelse gedigte: What it took deur Mnguni Zondo; kuns: Heleen Smith; fotografie: Christiaan Daffue; groepoptredes van vier tot tien lede: Marjolein; dans: The Platinum Dealers; drama: Chanmarie Erasmus; en duet of trio-groepe: Veritas-trio.

Geuran Geldenhuys en Precious Bonya het onderskeidelik die tweede en derde plek vir Kovsie-idol ingeneem.

Nog ’n hoogtepunt was die optrede van Oros in ’n Lang Glas. Die gehoor in die AWO was op hul voete en die aanhangerstal het steeds gegroei.



?Iselma het vroeër verlede week vertel dat beoordelaars met die oudisies op verskillende plekke om en by die SR-gebou op die brug geplaas is, want “mense raak op hul senuwees as hulle die beoordelaars by ’n tafel reg voor hulle sien”.
“Dus het ek dit goed gedink om hulle hier en daar te sit, sodat die deelnemers hulle nie kan sien nie.”


- Volksblad
- Volksblad


""Vreugde en kaalvoet lewe...""

Oros in n lang glas? Yes please! This Bloemfontein based band has hit the scene by storm and if you have not heard of them or seen them perform you are missing out on a great experience. We had an interview with a few of the band members and we were amazed by how these young minds find so much passion in what they do.
The band describes their genre as ‘’afrikaans folk rock ‘’and their style is mellow while being very enjoyable to all age groups, races and genders. While music found all of the members while they were still in school, we only found them in January 2010. The band has performed in many venues all around South Africa and while they are climbing their way to the top they provide us with great songs like, ‘’Skelm’’ and ‘’Onthou jy nog’’. They got their inspiration by growing up with the music of artists such as Anton Goosen and Koos Kombuis.
They write their own songs and the music comes with each band member adding their own identity to the songs.
Where did the name come from??? The vocalist, Shandor was a baby of a good 6kgs and grew up with the nickname ‘’Oros’’… In n lang glas? As they describe it everything is better in a lang glas.
You might think that artists these days are up high and overflowing with arrogance but that’s not the case with these guys. They have been boosted and dropped but they still manage to be confident about what they do. A girl actually attended their show but she refused to pay R20 entrance (cheap skate) and she convinced the bouncer to drop his price to R7; while other people swoon in front of the stage just to get another taste of their sweet musical talent.

But do they have a live outside the music business? Yes let me tell you the members are quite brainy, some of them in the media field, others in music and there is even a programmer among them!
Behind the scenes the members get along well with one another and they have accepted each other as family. To be honest I think they see everyone as one big family. Never have I met a group this laid back and just chilled with their surroundings.
Their message to the readers: Never lose the kid inside you… It’s all about ‘’vreugde en kaalvoet lewe’’.
Below is the link to their Youtube video and we recommend that you follow them on Facebook. For EP albums, live shows and much more.
http://www.facebook.com/home.php#!/pages/Oros-in-n-lang-glas/135754214480

So, Oros in n lang glas woth listening to? Yes… Worth attending a live show? Hell Yes! Worth sticking posters on your wall and wearing shirts that read: ‘’Marry me!’’ … Mine is being printed as we speak!
Liamag will certainly be following the careers of these talented souls and we hope to hear a lot more from them in 2011… May this be their year!

- Liamag


"Alles is beter in 'n lang glas"

Mariné Jacobs

“Oros kan gekoppel word aan al die eenvoudige en lekker goed in die lewe – die positiewe goed wat nog die kind in jou laat behoue bly. En alles is beter in ‘n lang glas!” Só verduidelik Shandor Potgieter, hoofsanger van die Bloemfonteinse band, Oros in ‘n lang glas, díe groep se oorspronklike naam.

Oros in ‘n lang glas is vroeg in 2010 gestig, maar het in bietjie meer as ‘n jaar alreeds ‘n deeglike merk in Bloemfontein se musiekindustrie gemaak. Die groep bestaande uit Shandor, Wynand Britz, Alta Grobbelaar, Danie Otto en Hanno Vermeulen, beskryf hul musiek as folk rock met ‘n basis van Afrika-invloede. “Amper soos Zinkplaat, gemeng met Freshly Ground.” Hulle sê dat die inspirasie vir hul liedjies van oral af kom, omdat eenvoudige goed die lekkerste is om oor te sing. Een optrede van die groep is al wat ‘n mens nodig het om ‘n lojale aanhanger van hulle te word! Hulle het ‘n manier om maklik ‘n kuier-atmosfeer te skep en hul gehore onmiddellik op hul voete te kry.



“Ek dink dis omdat mense ons vibe geniet en met die liedjies kan relate”, sê Shandor. “Dit is eenvoudige goed wat mense gelukkig maak en ons bly maar net kaalvoet kinders. Mense kan net alles laat gaan by ons shows!”

As ‘n mens na Oros in ‘n lang glas se vol program kyk, is dit moeilik om te glo dat díe vyf talentvolle musikante nie voltyds musiek maak nie – hulle is almal Kovsie studente. “Ons wens ons kan dit voltyds doen, maar ons moet seker maar eers ons studies voltooi”, sê Shandor. Die vyftal het onlangs hul eerste musiekvideo, Skelm, op YouTube bekendgestel en beplan om nog ‘n hele paar deur die res van die jaar te doen. Daarby gaan hulle ook in Junie vir drie weke toer in Gauteng en Mpumalanga en tydens die toer by die Innibos Fees in Nelspruit optree. Hulle sal ook op die MK-verhoog by die Volksblad Kunstefees te sien wees. Hulle het reeds ‘n verkorte CD bekendgestel en beoog om in 2012 ‘n volledige CD op die rakke te hê.

Die lede van Oros in ‘n lang glas is baie positief oor die Suid-Afrikaanse musiekindustrie en sê dat dit ongelooflik is om te sien hoe vinnig die bedryf groei. “Selfs op televisie kry musiek al net soveel blootstelling as sport, te danke aan KykNet en veral MK.” Bloemfonteiners het die geleentheid om Oros in ‘n lang glas sommer twee keer hierdie week in aksie te sien. Hulle sal vanaand (13 April) saam met Southern Gypsy Queen by die Aasvoëlklub te sien wees en Saterdag (16 April) is hulle om 13:30 op die verhoog by die Forbidden Fruit Music Festival. Alle inligting rakende hul opkomende optredes is op hul Facebook blad beskikbaar.
- Our/Ons Krant


Discography

EP Released - 4 songs

1. Lipstick
2. Ballade vir 'n swaeltjie
3. Onthou jy nog?
4. Skelm

Music video on Youtube - Skelm

http://www.youtube.com/watch?v=gYbuqHWhWsw

Photos

Bio

Genre Acoustic lang glas folk rock
Hometown Bloemfontein, South Africa
Record Label Unsigned

Oros in 'n lang glas is 'n band wat ontstaan het in 2010, in die hartjie van Suid Afrika, Bloemfontein. Die wiskunde agter ons musiek is eenvoudig (ons tunes + die luisteraar = GEES en GOEIE TYE) Vir ons gaan dit om 'n lekker vibe te skep sonder valshede in ons musiek!

Die band het sy naam gekry van Shandor se familie bynaam.... Oros bloot omdat hy en die Oros man dieselfde beenstruktuur het! Die lang glas dui op al die goeie wat ons in ons musiek wil wys en dat daar lekker dinge in oorvloed is!

Die Oros-manne is:

Shandor Potgieter - Hoofstem en kitaar
Hanno Vermeulen - Hoof kitaar en stemme
Wynand Britz – Dromme
Danie Otto – Bass
Alta (Vrouros) Grobelaar - Viool en stemme

Ons het onlangs ons suksesvolle EP vrygestel wat die lug golwe van verskeie radiostasies binne gedring het soos Kovsie FM, Med FM asook Radio Rosestad.

Ons het ook al 'n paar keer in die publiek se leesstof beland waar ons al in koerante soos die JIP, Volksblad, Kampus Volksblad, Iriwa en Die Burger verskyn het.

Ons musiek video "Skelm" is ook tans te sien op MK kanaal 324 en trek groot aandag op Youtube. http://www.youtube.com/watch?v=gYbuqHWhWsw Die video is opgeneem in Moederstad, dit is ook ons eerste video, maar daar sal binnekort 'n volgede een wees!

Ons is ook tans besig met 'n Projek genaamd die David Project waar ons geld insamel vir CHOC (Die kinder kanker organisasie)

Ons het ook al ver afstande afgelê om musiek te maak en mense te laat dans!
Feeste - Volksblad Kunstefees
Kersiefees Ficksburg
Kontreifees Hoërskool Oranje
Intervarsity Kovsies
Bloem Skou
Burgersdorp Somerfees
Brilfest Bfn
Want Ons Kan fees Bfn
Kuena Fees Gariep
Venues - Bourbons Potch
Mystic Boer Bloem en Stellenbosch
Dorpstraat Teater
Plaas teater Hazendal
Aasvoël Klub Bfn
Petrusburg êrens langs die grootpad
Windmill Casino Bfn
Get Together Bfn
Cafe Society
Shivas Rock Pta
Rebel Rock Pta
Cool Runnings Bfn
Grey College Bfn

Ons het al die verhoog met verskeie ongelooflike kunstenaars gedeel soos -

Karen Zoid
Glaskas
Zinkplaat
Die Tuin Dwergies
Anton Goosen
Straatligkinders
Keleidoskoop
Die Heuwels Fantasties
Captain Stu
Ryno Velvet
Pieter West
Van Coke Kartel

Ons beplan om binnekort weer 'n paar toere te reel asook om ons vol lengte album vry testel en nog 'n paar nuwe musiek videos op te neem, so hou jou oë oop en jou ore oper!

GEES!